Thursday, 24 September 2015

Jaarringe

Wat jy al deur is in die lewe en wat nog gaan kom, gaan bou aan wie jy is en waarheen jy oppad is. Daar het dalk al soveel dinge gebeur wat veroorsaak dat die lyne op jou gesig "jou siel" so sigbaar is, jy dink dalk dit los merke maar daardie merke wys dat jy lewe en kan veg vir wat jy glo en vir wie jy is.

Daardie merke wys dat jy al opgestaan het vir jouself. Daardie merke wys dat jy nie stil gebly het nie maar jou standpunt gestel het. Al swoeg en sweet jy deur donker tye, die lig skyn weer!!!!

Jou storie wat geskryf word is uniek en dra by tot die lewe om eendag vir iemand te kan vertel hoe jy kon opstaan in jou situasie. Vrees vir wat kom hou ons somtyds weg van wie ons moet wees en waar ons wil gaan maar dit bly jou keuse of jy gaan toelaat dat vrees jou onder kry.

Jy het 'n storie om te vertel, die begin klink is dalk nie soos ander mense sin nie, die middel van jou storie is dalk seerder as ander of dalk nie dalk nie? Jy skryf jou storie, skryf dit met 'n uniekheid sodat jy eendag vir mense om jou 'n inspirasie kan wees!!!

Die wereld het jou storie nodig!!!! Moenie ophou skryf nie................




No comments:

Post a Comment