Ek het die voorreg gehad om hierdie gedig te lees op my skoonpa se troue. Soos ek dit lees besef ek dat elkeen van ons het 'n perfekte maat, ons lewe van mekaar se woorde en dade.
Baie van ons is al deur hartseer as dit by liefde kom maar ons kom weer op n plek wat jy besef wat liefde regtig is. Dit is om onvoorwaardelik iemand lief te he en te weet dat daardie persoon jou ken vir wie jy is en jou aanvaar net soos jy is.
Die lewe het aan baie al gekou en dit kan wees dat jy somtyds die lewe wil berou maar jou maat maak dit die moeite werd om die lewe te leef en aan te hou kleef aan die hoop vir iets beter en sterker.
Daardie persoon inspireer jou om beter te wees en harder te probeer. Daardie persoon gee jou moed vir elke dag. Daardie persoon maak dat die lewe weer sin maak.
Miskien is daai persoon aan jou sy of miskien is daardie persoon slegs n droom. Eendag sal daardie droom 'n waarheid word. Eendag word jy iemand se lewensaar.
No comments:
Post a Comment