Wednesday, 12 August 2015

Jou stem is sterk

Ek dink vanoggend aan sekere vrouens wat veg vandag vir hulle lewe en hulle gesondheid.
Ek dra hierdie op aan daardie vrouens wat oggend in en oggend uit na die bekommernisse kyk van vandag en leef om more weer te sien.

Ek is trots om hierdie tipe vrouens te ken en te weet hulle kan staan en hulle stemme dik maak en vertel van hulle vrese en hulle pyn. Hulle kan lewe in hierdie moeilike tyd, maar soveel hoop gee vir mense daar buite wat hopeloos verdwyn. Hulle trane vloei daagliks en hulle arms moet omhoog gehou word want hulle is swak.

Hulle leer ons van vertroue en van rus, hulle leer ons om weer by God te berus. Hulle stel n voorbeeld deur hulle pyn en smart, dat ons kan opstaan en weer kan praat. Hulle gee ons weer n stem, hulle gee ons weer 'n rede. 

Vrou van hierdie geveg, ek eer jou vandag vir sterk wees en jou gemoed, dat jy nie moed opgee en nie ophou veg. Jou lewe het betekenis en jou lewe het glans jy kan weer jy wees hou vas aan Sy hand en moenie moed opgee nie, Hy ken jou!!!!







No comments:

Post a Comment