Ons is almal mense wat hinker na 'n beter lewe, na beter optredes, na 'n beter verhouding, na beter kommunikasie, plein net na 'n beter lewe. Die lewe begin by ons.
Maak dit regtig saak wat ander dink van wie ons is nie? Maak dit saak dat jy anders is as ander? Maak dit saak dat jou opinie dalk sterker deur kom as 'n ander persoon sin?
Jy laat toe dat die lewe jou vorm. Jy laat toe dat besluite jou lewe in 'n rigting draai. Dit is jou keuse wat jy met jou lewe maak. Jy kan kies watter woorde uit jou mond uit kom. Jy kan kies wat jy van iemand anders praat.
Laat toe dat jou woorde lewe skep en liefde gee. Laat toe dat jou woorde mense laat spesiaal voel. Laat toe dat jou woorde mense bemoedig en sterk maak. Gee jou mond die satisfaksie om woorde te spreuk wat bou en nie breuk.
Jy word geskaaf elke dag. Jy word gevorm en blink gevryf. Laat jou siel genees deur nie die lewe te vrees. Jy is sterk en vol moed. Die lewe is jou hoed, dra hom met gemak.
No comments:
Post a Comment