'n Glimlag van n vreemdeling, liefde van 'n sielsgenoot, 'n drukkie van 'n vriend/vriendin, 'n oproep van 'n ma of die genade van God.
Ons kruip soms weg omdat ons bang is. Ons skram weg van die ware ek.
Ons bou ons mure en sit ons maskers op. Ons verbeel onsself ons is iemand anders, net om van die pyn te vergeet.
Dan kom ons op dag op die regte ek af, en staan voor die spieel en wonder, maar wie is jy?
Ons besef dan met eens ons kruip genoeg weg en ons bou ons mure te hoog.
Ons steek die ware ek weg om van seerkry weg te skram.
Die dag as ons, ons hart oopmaak, stroom die liefde van ons mensdom rondom ons in en verkwik hierdie dorre siel wat lanklaas gelewe het en maak ons heel.
No comments:
Post a Comment