Tuesday, 8 March 2016

Wanneer jou ritme stil raak

Hoeveel keer in ons lewe beleef ons pyn en hartseer?
Hoeveel keer in ons lewe beleef ons geluk en liefde?

Daar is tye wat vrede in jou hart net 'n gedagte is en jy voel of die lewe van jou af weghardloop.
Daar is tye wat jy jouself moet forseer om stil te raak en terug te kyk na waar jy vandaan kom.

Jy het mense in jou lewe wat jou ken en jou verstaan, mense wat die beste uit jou uitbring. 
Mense wat jou ritme ken.

Wanneer liefde al is wat saak maak.
Jou ritme, jou hartklop, jou stem. 


No comments:

Post a Comment